Our Page
Instagram Page

Home Page Language: English | Afrikaans | IsiXhosa

  • Home
  • ABOUT US
    • Staff
    • Vision and Purpose
    • Statistical Profile
    • Diversity
  • Prospective Undergraduates
    • All you need to know
    • Applications and Admissions
    • Language Support
    • Bursaries and Loans
    • Accommodation
  • 2021 First Year Students
  • Undergraduates
  • POSTGRADUATE
    • Prospective Postgraduates
    • Current Postgraduates
  • CPD Courses
  • RESEARCH
    • Construction Engineering and Management
    • Water and Environmental Engineering
    • Structural Engineering & Civil Engineering Informatics
    • Geotechnical and Transport Engineering
  • CONTACT

Home › News › Student Blog › Eerste paar weke van derde jaar
Eerste paar weke van derde jaar
09 Mar

Eerste paar weke van derde jaar

admincien Student Blog 0

Wat hou die jaar van 2014 alles in?

‘n Terugflits van ‘n Ingenieurstudent wat ‘n voltydse koshuisganger is. Dit is nie altyd so ‘n maklike beroep nie, want ‘n voltydse koshuisganger kry mos maar swaar as daar boeke en notas voor hom lê. Loop saam met my die opwindende pad van 2014…

‘n Nuwe jaar breek aan. Dit beteken duisende rande se nuwe handboeke, wat heelwaarskynlik stof optel, maar tog koop ons dit jaar na jaar. Met ‘n pas van ‘n “exampad per week”, moet die arsenaal van skryfbehoeftes maar vroeg voor kwartaal uitgesorteer word. Daar word deur ouer en na-graadse studente vir jou vroeg in die kursus gewaarsku dat ingenieurswese baie soos die tv-program Survivor is…elke week word daar iemand nuuts uitgestem, en na ‘n vakansie en toetsweek het jou vriendekring normaalweg met ‘n persentasie van 20 verklein. Om na ‘n rowwe eerste jaar by rondte twee van Survivor uit te kom, is ‘n heerlike gevoel. Werk raak meer gekonsentreerd op die spesifieke rigting waarin jy is, vir my Siviel. Dosente is maar soos ‘n goeie spel van Russiese Roulette, jy kan ‘n wonderlike dosent kry, of ‘n dosent waarvoor jy net nog ‘n nommer op ‘n blanku bladsy is, juis dan wanneer jyself die vak ‘n wonderlike vak moet maak. Positiewe gesindheid, en ‘n houding wat toeganklik is, is die sleutel tot ‘n sukses in ‘n slegte klas. Op die einde van die dag, gaan dit oor wat jy van die dosent se vak maak.

Waar ‘n B-Ing eerste jaar uit wiskunde, wiskunde en wiskunde bestaan, vorder ‘n tweede jaar darem na wiskunde, wiskunde en SKRYF. Vinnig is alle Siviele ingenieurs geleer dat die basis wat alle ingenieurs kortkom, is die skryf van ‘n verslag. Die lekkerste is dat mens teen die tyd van jou kursus al agter gekom het hoeveel tyd wiskunde benodig per week, en hoeveel tyd sterkteleer benodig per week, so as mens net so maklik daardie 30 ekstra ure per week kan nakom. Dit beteken natuurlik dat jy bereid moet wees om jou ‘tan’ te verloor en meer iets soos ‘n studielamp-‘tan’ te kry, maar tog is dit so die moeite werd. Ek is ‘n derde jaar student, wat tot dusver geen vak moes her nie. Eksamen tye is daar werklikwaar so baie tyd om te swot en te leer, dat ‘n her defnitief nie ‘n verskoning is nie. Ure mag dalk soms na middernag wees, of vroegoggend voor son-op, maar aan die einde is die gevoel van oorwinning onbeskryflik.

Semester nommer 2. Die selfde storie speel homself omtrent weer identies af. Handboeke. Survivor. Dosente. Vakke is nou al presies in die rigting waarna ‘n siviele ingenieur kyk. Boumateriale, praktiese wiskunde, balke en kolomme. Weeklikse praktiese word gehou. Week een word daar ‘n eenvoudige sement gemaak, week twee ‘n sement wat grof is, week drie self kompakterende sement en so voorts. Daar was tot ‘n uitstappie na PPC sementwerke se hoof fabriek naby Piketberg, waar mens ‘n 5ster middagete geniet. Dit alleenlik maak die uitstappie sommer die moeitewerd. ‘n Klasbraai is die voorreg van elke Siviele student. Borge gee jaarliks ‘n braai ter waarde van R6000 vir die siviele Boumateriale studente. Daar is tot bier. En baie daarvan. Wie sou nou ooit dink dat ingenieurs kan drink op die perseel. Nou ja, Siviel is defnitief die rigting wat oorweeg MOET word.

evening practice that makes the day worth while
Gino’s 10 km night race

Van der Ster building busy burning
Van der Ster building busy burning 2


Facebook

Gateways

Undergraduate Studies

Undergraduate


Considering studying?
I want to apply
I'm a current student

Postgraduate Studies

Postgraduate


Considering studying?
I want to apply
Research Topics
I'm a current student

Questions

Questions


What languages are the courses presented?
What subjects do I need for admission?

Downloads
Events
Bursaries
Bursaries
Job Shop
Alumni
Job Shop
Yearbook
Job Shop
Student Blog
Featured Research
Featured Research
Community projects
Community Projects
 Directional Map
Directional Map

Interesting links

ucm logo (small)

Prize giving ceremony 2017 Photographs

Term Dates 2018

Please click here for a detailed academic calendar.

Undergraduate 30 June: Applications close for all other undergraduate programmes. 30 June: Residence applications close. 31 August: Applications for Stellenbosch University financial assistance close. 30 November: Applications for NSFAS bursaries close.

Postgraduate

Engineering faculty application closure dates for postgraduate studies: click here


Latest Events

No listings yet


Visit the Stellenbosch Main Website
  • HOME
  • UNDERGRADUATE
  • POSTGRADUATE
  • CPD COURSES
  • RESEARCH
  • STAFF
  • NEWS
  • ALUMNI
  • CONTACT

Copyright © 2014 Civil Engineering | Stellenbosch University All rights reserved.
Top | Developed by: Go2 Websites.